Algemene Inligting
- Alle kledingstukke moet asb. gemerk word. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige artikels wat verlore raak nie.
- Tassies moet duidelik gemerk wees en groot genoeg om ‘n kosblik en klere in te bêre.
- Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige speelgoed wat skool toe gebring word nie.
- Kospakkies moet daagliks vir 10:00 ingepak word. Dit is vir die kind belangrik om hierdie spesiale band met die ouer te kan hê.
- Elke kind moet sy eie matrasoortreksel bring : 140cm x 60cm. Die oortreksel word Vrydae huis toe gestuur en moet asb. weer Maandae skool toe gestuur word. Graad 0’s benodig nie ‘n slopie nie.
- Kinders met aansteeklike siektes mag nie die skool bywoon nie.
Onderriggelde
- Registrasie fooi is betaalbaar met inskrywing.
- Alle fooie is vooruitbetaalbaar voor of op die 3de van elke maand.
- Rente van 15% sal gehef word op laat betalings.
- Betalings deur die internet kan gedoen word na die volgende rekening.
- Een kalendermaand se skriftelike kennisgewing word vereis indien u u kind tydens die maande Januarie tot Oktober wil onttrek. Geen kennisgewing van onttrekking sal aanvaar word vir die maande November en Desember nie.
- Alle fooie is betaalbaar – al is u kind afwesig as gevolg van siekte of vakansie.
- ‘n Gewone maand se skoolfooi is betaalbaar vir die maand Desember.
Skooltye
- Voldag : 06:30 – 17:30. ‘n Boete is betaalbaar vir kinders wat laat afgehaal word.
- Halfdag: 06:30 – 13:00
- Oop gedurende skoolvakansies. Sluit ongeveer 2 weke in Desember.
Verslae
- Verslae word 2 x per jaar uitgedeel.
Vervoer
- Die skoolbussie vervoer kinders gratis na aktiwiteite in Rooihuiskraal.
- Die middagbussie neem kinders huis toe om 13:00 en 16:00. ‘n Bykomende fooi is vir hierdie diens betaalbaar.
Afhaal van kleuters
- Indien ‘n kind deur iemand anders as sy ouers afgehaal word, moet die skool in kennis gestel word.
Medisyne
- Alle medikasie moet in die toepaslike houer geplaas word en in die leêr aangeteken word.
Snoepie
- Snoepie word slegs op Donderdae verkoop.
- Gelde word aan die personeellid aan diens oorhanding of in u kind se boekie geplaas.
Toelating
- Die skoolbestuur behou die reg voor van toelating.