Algemene Inligting
- Alle kledingstukke moet asb. gemerk word. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige artikels wat verlore raak nie.
- Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige speelgoed wat skool toe gebring word nie.
- Kinders met aansteeklike siektes mag nie die skool bywoon nie.
Onderriggelde
- Registrasie fooi is betaalbaar met inskrywing.
- Alle fooie is vooruitbetaalbaar voor of op die 3de van elke maand.
- Rente van 15% sal gehef word op laat betalings.
- Betalings deur die internet kan gedoen word na die volgende rekening.
- Een kalendermaand se skriftelike kennisgewing word vereis indien u u kind tydens die maande Januarie tot Oktober wil onttrek. Geen kennisgewing van onttrekking sal aanvaar word vir die maande November en Desember nie.
- Alle fooie is betaalbaar – al is u kind afwesig as gevolg van siekte of vakansie.
- ‘n Gewone maand se skoolfooi is betaalbaar vir die maand Desember.
Skooltye
- Tot 17:30. ‘n Boete is betaalbaar vir kinders wat laat afgehaal word.
- Oop gedurende skoolvakansies. Sluit ongeveer 2 weke in Desember.
- Gedurende skoolvakansies open die naskool 08:00. Kinders kan vanaf 06:30 by die kleuterskool afgelaai word.
Vervoer
- Die skoolbussie vervoer kinders gratis na aktiwiteite in Rooihuiskraal.
- ‘n Fooi is betaalbaar vir aktiwiteite buite Rooihuiskraal.
- Die middagbussie neem kinders huis toe om 16:00. ‘n Bykomende fooi is vir hierdie diens betaalbaar.
Afhaal van Kinders
- Indien ‘n kind deur iemand anders as sy ouers afgehaal word, moet die skool in kennis gestel word.
- Indien u kind nie die naskool sal bywoon nie, moet u asb. die naskool laat weet, sodat ons nie onnodig na u kind soek nie.
Snoepie
- Snoepie is beskikbaar nadat huiswerk voltooi is.
Swem
- Kinders swem gedurende die somer onder toesig.
Apparaat en Speelgoed
- Kinders wat enige skade aan die gebou, toebehore, boeke, speelgoed ens. aanrig, sal verantwoordelik wees vir die herstel of vervanging van sodanige eiendom.
Toelating
- Die skoolbestuur behou die reg voor van toelating.